Friday 19 December 2014
Home / Competitions / Enter Competition
Bruid van die jaar
Competition Closes 2013-04-30 01:00
WESLANDER is op soek na 'n spesiale bruid wat in 2013 as Weslander se Bruid van die Jaar 2012/2013 gekroon gaan word. Die wenner sal in Julie 2013 by 'n spesiale geleentheid in Weskus Mall, Vredenburg aangewys word.
 
Weslander se wenbruid en naaswenner en hul eggenote sal ’n tweede wittebrood, geborg deur Travel Shop, wen. Ander opwindende pryse is ook op die spel. Weslander sal later meer besonderhede bekend maak.
 
HOW TO ENTER COMPETITION
Bruid van die jaar
Bruid van die jaar Competition Closes 2013-04-30 01:00
WESLANDER is op soek na ’n spesiale bruid wat in 2013 as Weslander se Bruid van die Jaar 2012/2013 gekroon gaan word. Die wenner sal in Julie 2013 by ’n spesiale geleentheid in Weskus Mall, Vredenburg aangewys word.
 
Groot pryse
Weslander se wenbruid en naaswenner en hul eggenote sal ’n tweede wittebrood, geborg deur Travel Shop, wen. Ander opwindende pryse is ook op die spel. Weslander sal later meer besonderhede bekend maak.
 
Hoe om in te skryf?
Bruide wat tussen 1 Mei 2012 en 30 April 2013 gaan trou, kwalifiseer vir die kompetisie.
Bruide wat in Julie 2012 getrou het, mag nou inskryf. Hulle moet voor of teen 31 Augustus 2012 hul inskrywings aan Weslander e-pos of na die kantoor in Velddrifweg bring.
Augustus se bruide sal daarna die geleentheid kry om in September in te skryf.
Hou gereeld die koerant dop. Elke maand sal Weslander ’n bruid van die maand aanwys. Daar sal dus twaalf finaliste teen einde April 2012 wees.
 
Opsie 1
Plak ’n kop-en-skouer-foto van jouself op jou troudag, asook ’n vollengtefoto van jou in jou trourok, op ’n stewige karton. Skryf die volgende agter op:
• Jou naam en nuwe van, asook jou nooiensvan.
• Jou bruidegom se naam en van.
• Die dorp waar julle nou woon.
• Die dorpe waar jy en jou man onderskeidelik tot voor jul troudag gewoon het.
• Twee kontaknommers waar Weslander jou of jou man gedurende werksure kan skakel.
• Betaal jou inskrywingsfooi by Weslander se ontvangs.
 
Opsie 2
E-pos ’n kop-en-skouers-foto van jouself op jou troudag asook ’n vollengtefoto van jou in jou trourok aan trish.goosen@media24.com.
Foto’s moet nie kleiner as 1MB of groter as 3MB wees nie.
Skakel Linda Luyt of Karin Erasmus by 022 713 1251 om ’n verwysing vir ’n internet-oorbetaling te kry en stuur dan ook jou bewys van betaling as ’n aanhangsel saam met jou e-pos.
Maak seker dat jy die inligting soos versoek by opsie een, ook in die e-pos aan Weslander stuur.
 
Belangrik
Bruide wat in Weslander se verspreidingsgebied woon of gewoon het tot net voor hul troudag mag inskryf. Net bruide wat in die Weslander se verspreidingsgebied woon of gewoon het tot net voor hul troudag, mag aan die kompetisie deelneem. Indien die bruidegom op die Weskus woon of gewoon het tot voor sy troudag, mag sy bruid wat nie van die Weskus is nie, ook deelneem.
Die inskrywingsfooi is R70 en alle bruide wat inskryf vir die kompetisie se kop-en-skouer-foto’s sal in Weslander geplaas word.
 
Spesiale aanbieding
Weslander publiseer gereeld foto’s van Weskus-troupaartjies in die koerant. Die standaardfooi vir die plasing van só ’n foto en ’n kort onderskrif is R200.
Indien jy julle foto wil plaas en dan ook vir die bruid van die jaar kompetisie wil inskryf, is jou R70 inskrywingsfooi by die R200 ingesluit.
Onthou net dat Weslander dan drie foto’s nodig het: die troupaartjie op jul troudag, die kop-en-skouers-foto en die vollengtefoto.
 
 
ENTER COMPETITION

You need to login before you can enter this competition.
In order to enter this competition you will need to be a registered user.
top
OUR LATEST ISSUE & BACK COPIES
The digital version of Weslander is now available on a subscription basis only.
Please click on the image above to view Weslander online.

top
HAVE YOUR SAY Suggest future poll
Eskom, load shedding, power crisis
Do you think SA's power problems can be fixed?
Yes
No
top
bottom