Saturday 29 November 2014
Home / Pasop vir spinnekop se byt
VREDENBURG – Cheryl Allen sit vandag met ’n letsel op haar nek en ’n gat in haar been na sy vermoedelik deur een van twee spinnekoppe, die viool- of sakspinnekop gebyt is.

Allen het sowat twee weke gelede wakker geword met wat sy beskryf as ’n “warm gevoel in haar nek en bobeen” en het die twee geswelde bytplekkies afgeskryf as dié van gewone insekbytmerke.

Volgens Allen het sy deur die loop van die dag al hoe slegter begin voel, die bytplekkies het sensitief geword en begin brand. “Ek is die volgende dag dokter toe. Hy het gesê ek is moontlik deur ’n spinnekop gebyt. Hy vermoed dat ’n sakspinnekop verantwoordelik kan wees vir die bytmerke,” het Allen gesê.

Na ’n sterk kursus antibiotika was daar geen verbetering aan die bytplekke nie. “Die bytplek in my nek het ’n sakkie gevorm, gesweer en kort daarna septies geword. Ek was terug dokter toe en is dieselfde dag in die hospitaal opgeneem om die gif uit die wond te verwyder. Die bytplek op my been het op daardie stadium soos ’n pitsweer gelyk.

“Dit was nie lank voor die bytplek op my bobeen ’n gat ingeval het nie. Ek moes ’n tweede operasie kry. Die spinnekop se gif het die vleis tot by die been weggevreet. Die gat is so groot dat dit nie steke kon kry nie,” het Cheryl ontsteld gesê.

Beide die viool- en sakspinnekop kom regoor Suid-Afrika voor en is volop in huise. Die tekens en simptome van dié soorte spinnekopbytplekke is baie eenders.

Allen vermoed dat die spinnekop dalk tusses haar beddegoed beland het toe hulle in hul karavaan geslaap het.

“Ek volg nou boereraat en gooi bloekom­oliedruppels op die beddegoed om die spinnekoppe weg te hou,” het Allen gesê.
  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE & BACK COPIES
The digital version of Weslander is now available on a subscription basis only.
Please click on the image above to view Weslander online.

top
HAVE YOUR SAY Suggest future poll
December holidays
Travelling or staying at home this year?
Going away is tradition - I do it every year.
I'm going somewhere for the first time in years.
I chose to stay home and simply rest.
I'll be staying home because I have no choice.
top
bottom