Home / Sesde Christusfees reuse sukses

PORTERVILLE het die naweek hul sesde Christusfees gevier.

Die organiseerders is dit eens dat die sukses van die fees alle verwagtinge oorskry het. “Die getal feesgangers het feitlik verdubbel,” het Pierre Hollander gesê, wat die bemarking van die fees behartig het. Selfs die hoeveelheid kampeerders het drasties toegeneem.

“Alle eer aan God vir die mees suksesvolle Christusfees nog!” was Danie Gous, feesbestuurder, se openingslyn aan sy span tydens hul terugvoersessie.

Gelowiges het die naweek saamgekom met een doel voor oë, om God te eer en Hom lof te besing!

Die besoekers was hoofsaaklik van Kaapstad en die Helderberg-omgewing, asook uit die Swartland en Weskus, met selfs ’n gesin van sover as die Vrystaat.

Hoogtepunte was daar baie: Prophet, Nedine Blom en Juanita wat ure nadat sy opgetree het, steeds drukkies en handtekeninge uitgedeel het. Kos-, boeke-, kuns- en handwerk is van die produkte wat by die stalletjies aangebied was.

Vir die eerste keer is van ’n onafhanklike bemarkingsagentskap gebruik gemaak. ’n Besluit wat volgens die komitee beslis goeie vrugte afgewerp het. Volgens die feesgangers is die feit dat dit ’n droë fees is, ’n groot bydrae tot die sukses. “Almal is vriendelik en feestelik. Ons kinders kan hardloop en speel sonder enige bekommernis,” is gesê. Die volgende Christusfees gaan reeds op 9 tot 11 Maart 2012 plaasvind. “Die plan is om meer kinderaktiwiteite aan te bied tydens die volgende fees – dit is ’n familiefees en ons wil almal akkommodeer,” het Hollander gesê. Die kunstenaars sal binnekort bekend gemaak word.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 8° - 15° icon
PTA 5° - 21° icon
JHB 3° - 18° icon
BLOEM -2° - 15° icon
DBN 16° - 21° icon
PE 7° - 17° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs