Crime Watch Incidents
Misdaadbrokkies (Anonymous)
2012-04-27 01:00 - HOPEFIELD, VELDDRIF, SALDANHA, LANGEBAAN, VREDENBURG, WESKUS

VREDENBURG – Twee sake van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek. ’n Man is Saterdagnag in hegtenis geneem toe hy ’n plakkershut in Steve Tshwete tepletter gery het. In nog ’n geval word ’n man gesoek wat in ’n ongeluk op die Vredenburg-Saldanhapad betrokke was en ’n motor steeds met die ligte aan langs die pad gelos en die ongelukstoneel verlaat het.  

SALDANHA – Verskeie mense is die afgelope naweek vir die besit van dagga en Mandrax-tablette in hegtenis geneem. Twee is vir dronkbestuur en een is vir die verkoop van drank sonder ’n  lisensie gevang. ’n Boete van R500 is aan dié smous uitgereik.

*Diefstal uit motorvoertuie is besig om ’n kopseer te word in die dorp. Minstens nege gevalle is die afgelope week by die plaaslike polisie aangemeld. Volgens ao Yolanda Kotze, polisiewoordvoerder, is Hoogland en die Adam-en-Eva-kop die gebiede wat geteiken word. “Die meeste gevalle vind op ’n Dinsdagaand en Woensdagoggend plaas.”
Die polisie wil ’n beroep op die gemeenskap doen om dadelik die polisie te skakel en hulle samewerking te gee as hulle weet van so ’n geval.
 
VELDDRIF – Die plaaslike polisie het die afgelope week  groot sukses behaal toe iemand in hegtenis geneem is wat by ’n huisbraak in Waterkantstraat betrokke was.
Dié persoon het ’n skootrekenaar, selfoon, juweliersware en drank gesteel. Volgens ao Johan Vermeulen van Laaiplek-polisie, het hulle inligting ontvang van ’n moontlike verdagte. “Ons het hom ondervra, hy het die misdryf ontken.”
Een van die polisielede het sy woning deursoek en die drank in sy huis gevind. Volgens Vermeulen was die klaer baie behulpsaam en het hy gehelp met die deurbraak. “Van die gesteelde goedere is teruggevind.” Die verdagte is tans in aanhouding en het Woensdag in die Laaiplek-landdroshof verskyn.
 
LANGEBAAN – Op 10 Mei is iemand op die R27  (Weskuspad) naby die Weskus Nasionale Park se ingang  in hegtenis geneem vir die besit van eiendom wat vermoedelik gesteel is.
 
HOPEFIELD – ’n 20-Jarige man het op 5 Mei ’n saak van aanranding geopen nadat ’n polisiebeampte hom vermoedelik aangerand het toe hy die persoon in hegtenis geneem het vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die gesteelde goedere, ’n kamera en ’n battery van ’n motorfiets, is in sy besit gevind. Die man is gewaarsku om voor die  hof te verskyn.
’n Saak van poging tot diefstal is by die polisie aangemeld nadat Telkom-lyne op die R45 gesny is. Dié 1km lyn se waarde is R5 000.
Crime Watch (Anonymous)
2011-08-08 02:00 - ALL AREAS, WESLANDER AREA

If you have any Crime Incidents please let us know about it.

POST AN INCIDENT
Kindly include your contact details to enable the newspaper to make contact with you if need be. Your details will remain private and anonymous at all times.
Title:
Area:
City:
Description:
(max 200 words)
Date of incident:
Time of incident:
H: M:
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 8° - 15° icon
PTA 5° - 21° icon
JHB 3° - 18° icon
BLOEM -2° - 15° icon
DBN 16° - 21° icon
PE 7° - 17° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs