Die Weskus Musiek Akademie bied onderrig aan in Klavier, Digitale Klavier, Klawerbord, Fluit, Piccolo, Fife, Blokfluit, Saksofoon (Alt en Sopraan), Viool, Altviool, Tjello, Kontrabas, Kitaar (Klassiek, Akousties, Elektries, Baskitaar), Sang, Perkussie en Dromme (Drum kit). Onderrig in Klassieke, Jazz of Kontemporêre Style volgens keuse, informele- of deeltydse onderrig, eksamen- en Eisteddfod afrigting, Diplomas, Musiek as Vak tot Graad 12 (vir alle skole en instrumente), Orkes- en Ensembles deelname. Alle ouderdomme welkom.