News / Hoekom bohaai oor Wal-Mart?

WAAROOR die bohaai omdat die Amerikaanse Wal-Mart-winkelgroep die beherende aandeel in Massmart (Game, Dion Wired, Makro, Builders Warehouse, Masscash, Jumbo Cash & Carry) wil koop? Wal-Mart is dan bekend vir lae lae pryse en dit is tog n belegging in ons land?

Gistermiddag het die kompetisietribunaal juis bekendgemaak dat die veelbetwisde saketransaksie van R16.5 biljoen mag voortgaan, met voorwaardes. Wal-Mart mag geen werknemers vir die volgende twee jaar afdank nie, daarna is hulle roosterbrood.

Want di maatskappy is berug daarvoor dat hulle met minder mense, wat hulle minder betaal oor die weg kom sodat hulle hul ingevoerde meestal Chinese produkte spotgoedkoop kan verkoop.

Maar, verbruikers moet kennis neem, dat di besonder lae pryse net van toepassing is op produkte wat daarop gemik is om verbruikers na sekere spesifieke plekke in die winkel toe te lok.

Baie keer is die beter produkte duurder as die van kompeterende winkels. Nog n voorwaarde vir die transaksie is die R100 miljoen wat Wal-Mart opsy moet sit om plaaslike verskaffers te ontwikkel Wal-Mart sou weggestap het indien die tribunaal gelas het dat hulle net plaaslike produkte mag aankoop.

Die volledige uiteensetting van die tribunaal se besluitneming moet in die volgende 20 dae bekend gemaak word.

Lees meer op On-your-side/Consumer Issues op Facebook.

Stuur jou verbruikerskwessie na aanjoukant@media24.com

(Bronne: Busines Day; Is Walmart good for America? Frontline TV; infowars.com; vigilantcitizen.com)

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 8° - 15° icon
PTA 5° - 21° icon
JHB 3° - 18° icon
BLOEM -2° - 15° icon
DBN 16° - 21° icon
PE 7° - 17° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs