Home / Diefstal uit motors styg


SALDANHA – Géén waardevolle items, wat aanleiding kan gee tot diefstal, moet onder enige omstandighede onbewaak op motorsitplekke gelos word nie.

Dít is die beroep van ao Yolanda Kotze, woordvoerder van Saldanha-polisie, oor dié misdaad wat die afgelope tyd die hoogte ingeskiet het.

Minstens ses gevalle van diefstal uit motorvoertuie is die afgelope twee weke by die Saldanha-polisie aangemeld.

Volgens Kotze het hulle Maandag twee verdagtes in verband met hierdie misdaad in hegtenis geneem na die publiek vinnig opgetree en die polisie in kennis gestel het.

Ook by die Vredenburg-polisie is verskeie voorvalle van diefstal uit motorvoertuie aangemeld. Volgens kapt Roland Leibrandt van Vredenburg-polisie wil hulle die publiek waarsku teen die toename in dié misdaad.

Wenke hoe om diefstal uit motorvoertuie te verhoed:

• Kyk waar jy parkeer, maak seker dit is op ’n veilige plek.

• Vermy donker of stil afgeleë gebiede.

• Sluit alles in die kattebak toe.

• Parkeer saans jou voertuig só in jou erf dat dit by beligting is.

• Moenie geld, selfone, bestuurders- of wapenlisensie, ID dokumente of waardevolle items oornag in jou voertuig los nie.

• As die honde blaf staan op en gaan kyk hoekom.

• Moet nooit dink jy gaan net twee minute van jou kar weg wees nie.

• Moet in geen omstandighede kontant in jou motor hou nie. ( Bron: pta-gardens.co.za.)

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 8° - 15° icon
PTA 5° - 21° icon
JHB 3° - 18° icon
BLOEM -2° - 15° icon
DBN 16° - 21° icon
PE 7° - 17° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs