Home / Aurora se owerhede doen wat hulle kan

Breunissen het gereageer op ’n brief deur Gert Coetzee van Aurora wat in verlede week se Weslander (Upset about Aurora’s rubbish, 09/02/12) beswaar gemaak het oor die vullis wat naby woongebiede ophoop.

“Alle huishoudelike- en besigheidsvullis word Donderdae verwyder en na die oorlaaistasie in Velddrif geneem. Die huidige stortingsterrein word slegs gebruik om tuin- en bourommel van die inwoners van Aurora te hanteer. Geen huishoudelike-, besigheidsvullis en swartsakke mag hier gestort word nie,” het Breunissen gesê.

Op die perseel langs die ou stortingsterrein, is ’n versamelpunt gebou en alle rommel moet in dié houers geplaas word. Sodra hierdie houers vol is, word dit na die oorlaaistasie in Velddrif geneem.

Om die terrein skoon en higiënies te hou, is die area omhein en word beheer toegepas in die tye wat dit vir die publiek toeganklik is. Van 07:30 tot 18:00 weekliks en van 09:00 tot 14:00 Saterdae is ’n opsigter aan diens om orde te handhaaf.

“Ongelukkig is daar altyd lede van die publiek wat nie hulle samewerking gee nie en na-ure steeds onwettig stort op plekke,” het Breunissen gesê.

Sedert 24 November probeer die munisipaliteit ook om vullis te herwin deur middel van ’n twee-sak stelsel. “Aanvanklik het dit goed gegaan, maar die laaste tyd het die samewerking afgeneem.

“Omsendskrywes is weer aan die publiek gesirkuleer om hulle te versoek om aan die poging om vullis te verminder en te herwin deel te neem.”

Die munisipaliteit beoog ook om die ou stortingsterrein te rehabiliteer en op te ruim.

Die munisipaliteit beskik egter nie oor die tipe toerusting nie en die munisipale finansiële bestuurswet (MFMA) is voorskriftelik oor watter proses gevolg moet word om ’n kontrakteur aan te stel.

Hierdie proses is reeds afgehandel en die stootskraper sal binne die volgende twee weke met die werksaamhede begin.

’n Klein laaigraaf word intussen gebruik om die onwettige storting op te ruim
  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 8° - 15° icon
PTA 5° - 21° icon
JHB 3° - 18° icon
BLOEM -2° - 15° icon
DBN 16° - 21° icon
PE 7° - 17° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs