KRY jou hart aan die brand vir Jesus by die sewende Porterville Christusfees wat van Vrydag tot Sondag, 9-11 Maart plaasvind.
Bring die hele gesin en word deel van die Christelike herlewing met gehalte-musiek deur van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars.
Die talle stalletjies sal vir eet- en drinkgoed sorg.
Volgens Danie Gous, feeskoördineerder, word dié gemeenskapsfees op ’n heilsame Christelike manier gevier.
Dié feestelikheid skop die Vrydag af met ’n gratis vertoning, geborg deur die ATKV, met Oom Karoolus en Lente by Willemsvallei Primêr.
Saterdagoggend word ontbyt bedien saam met Jannie de Beer en Sondag sluit Jean Marais die fees af.
Feesgangers kan uitsien na ’n uithalerprogram met kunstenaars soos Elvis Blue, Heinz Winckler, Piet Smit, Neil Büchner, Riana Nel en vele ander.
Kom geniet die vars oggendlug aan die voet van die Olifantsberge met ’n pretdraf vir Bybels op Saterdag, 10 Maart by die Porterville-gholfklub. Inskrywings vir die 10km-padwedloop is R25 en R10 vir die 5km-pretdraf.
Lekker pryse wag op die eerste drie mans en vrouewenners, terwyl almal wat die wedloop voltooi ’n medalje ontvang. Bel Polla Cruywagen by 083 318 6592 of paul@louwcronje.co.za.
Toegang vir volwassenes: Vrydag R50; Saterdag R100; Sondag gratis; naweekpakket R120 (net beskikbaar tot 17 Februarie). Kinders (leerders): Vrydag R30; Saterdag R60; Sondag gratis; naweekpakket R70 (net beskikbaar tot 17 Februarie).
Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Vir meer inligting bel Willie by 083 650 1640 of besoek www.christusfees.co.za.
Vyf-en-twintig gelukkige Weslander-lesers kan elk twee naweekkaartjies vir die Porterville Christusfees wen.
Antwoord dié vraag: Wanneer word die Christusfees gevier? Stuur die woord CHRISTUSFEES na 35126, gevolg deur die antwoord, jou naam en van, asook die dorp waar jy woon. SMS’e kos R1.
Die kompetisie sluit Vrydag, 24 Februarie om 24:00 en die wenners sal in volgende week se Weslander aangekondig word. Onthou: Hoe meer jy SMS, hoe groter is jou kanse om te wen!