Home / Oppiwa-jolyt oortref stoutste verwagtinge

OPPIWA, of van die wa af, elke produksie, aanbieding, uitstalling en eetding het die eerste dorpsfees in Jacobsbaai behoorlik “op die mêp gesit”.

 

Dít is die mening van seremoniemeester, skrywer, reisiger en ook universiteitsprofessor, Johan Bakkes, wat ’n oud-Saldanhabaaier is en die Weskus soos die palm van sy hand ken.

Ook die kunstenaars, borge en organiseerders is dit eens dat die dorpsfees baie positief ervaar is. “Natuurlik is daar dinge wat verfyning nodig het sou ons aanstaande jaar weer Oppiwa-jolyt hou,” het hooforganiseerder Willie Singleton, na afloop van die naweek se jolyt gesê.

“Die jolyt het sterk gesteun op die borge en ons is uiters dankbaar vir almal wat na die tafel of is dit op die wa gekom het: sakemense, wynmakers, omliggende boere met hul trekkers en sleepwaens, en al die inwoners van Jacobsbaai wat alles gedoen het om die naweek se sukses te verseker.

Die kersie op die koek van dié naweek se plesier en vermaak is deur Anna Davel, met haar meesleurende kabaretstem en jazzlirieke só opgesom: “As julle my nie ’n volgende keer weer nooi nie, sal ek met my plakkate hier op Jacobsbaai kom betoog.”

Die ander kunstenaars voel eweneens geluksalig. “Dit was great,” het bloubul Steve Hofmeyr onder ’n gelag laat blyk te midde van al die Stormers wat hom so gekoggel het.

Kunstenaars wat elk drie keer op ’n wa deur die strate gery en 22-stuks “showgangers” vermaak het was: Steve Hofmeyr, Valiant Swart, Sandra Prinsloo, Lize Beekman, Neels van Jaarsveld, asook skrywers Dana Snyman en sy Johan Bakkes.

Zinkplaat-orkes het gaste se voete laat jeuk tydens hul vertoning Saterdagaand in die markiestent, terwyl Anna Davel die jolyt Sondagoggend met ’n laatontbyt afgesluit het.

Jacobsbaaiers het hul huise beskikbaar gemaak en elke wa by ’n halfweghuis verwelkom waar drink- en eetgoed bedien is.

Een van die waens het selfs ’n impromptu Midde-Oosterse buikdansdemonstrasie gekry. Onder luide applous van Johan Bakkes, Dana Snyman en al die manne op dié wa. Een van die manne is selfs gehoor aan sy vrou sê; “Jy moet dié passies bietjie vir my doen.”

As dit van besoekers en die kunstenaars afhang, is daar beslis ’n 2013 Oppiwa.

*Expresso op SABC 3 fokus volgende week van Dinsdag tot Donderdag vanaf 05:50 op dié unieke feestelikheid wat op Jacobsbaai gehou is. Die kunstenaars wat deel was van dié fees kuier heerlik saam.

 

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 8° - 15° icon
PTA 5° - 21° icon
JHB 3° - 18° icon
BLOEM -2° - 15° icon
DBN 16° - 21° icon
PE 7° - 17° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs