DIE rugbyklubs van die omliggende Weskusdorpe het onlangs op hul algemene jaarvergaderings hul uitvoerende bestuur vir die 2012 rugbyseisoen gekies.
Saldanha-rugbyklub het weer vir Betrum Vraagom onbestrede in die voorsitterstoel met Jasheem van der Westhuizen as vise-voorsitter. Koos Strauss is sekretaris en Albertus Valentyn hulpsekretaris. Die penningmeester is Mortime Barry en Esmarelda Thyssen is die hulpkassier.
Die Baaienaars se hoofafrigter is die ervare Robbie Welman, met Randall Julies as hulp-afrigter.
St Helenabaai-rugbyklub se bestuur: Norman Cloete (voorsitter), Brendon Wilsnach (ondervoorsitter), Ricardo Louw (sekretaris), Sebastiaan Koopman (penningmeester), Ivan Williams (hoofafrigter). Addisionele lede: Kitty Cornelissen, Niklaas Samuels en Edmund Williams.
Langebaan-rugbyklub se bestuur: Johan Swartz (voorsitter), Nigel Samuels (ondervoorsitter), Christopher Rodgers (sekretaris), Gilfred Swatz (kassier), Peter Pholman (klubkaptein), James van Wyk (klubkaptein), James van Wyk (hoofafrigter), Glenham Blaauw, Piet Esau en John Brains (hulp-afrigters). Addisionele lede: Pat Blake, Jan Blaauw, Balesty Davids en Marius Koen.
Moorreesburg-rugbyklub se bestuur: Wilfred Visagie (voorsitter), Stephan McKrieling (vise-voorsitter), Heinrich Ontong (sekretaris), Ashley Amon (hulpsekretaris), David McKrieling (wedstrydsekretaris), Andreas Beukes (penningmeester), Roderick Oktober (hulp-penningmeester), Noel Gouws (hoofafrigter), Jannie Engelbrecht (hulp-afrigter). Addisionele lede: Bokkie van der Horst, Alvin Pieters en Elmar Jan Daniels. Trustees: Leon Smith en Dave Cornelius.
Paternoster-rugbyklub se bestuur: Earl Bailey (voorsitter), Gerald van Hooi (ondervoorsitter), Gail Kasper (sekretaresse), Henzil Coraizen (wedstrydsekretaris), Michael Williams (ondersekretaris), Warnick Cloete (penningmeester), Jacquin Constant (klubkaptein). Addisionele lede: Cliffie Jordaan en Gert Losper.
Universal-rugbyklub: Henry Loubser (president), Archi Kleinsmith (voorsitter), Leonard Schippers (ondervoorsitter), William Jasson (sekretaris), Hesron Louw (penningmeester), Marlin Joos (hulp-penningmeester), Winston Jaars (klubkaptein), Dirk Titus (hoofafrigter), Johnson Papier (hulpafrigter) en Heinrich Williams (spanbestuurder). Addisionele lede: Brian Papier, Henry Williams, Norman Loubscher, Gershwin Afrika en Harry Cupido.
Hopefield-rugbyklub se bestuur: Dawid Bester (voorsitter), Chrisjan George (ondervoorsitter), Raymond Adams (sekretaris), Monchesca Lewis (penningmeester), Jennifer Cleophas (vissie-penningmeester), Richard Louw (wedstryd-sekretaris), Martin Petersen (klubkaptein) en Jeff Manuel (hoofafrigter). Addisionele lede: Winston Adams en Pat Huisamen.