PATERNOSTER Die tuisspan het Saterdag op hul tuisveld verniet vir hul teenstanders van Citrusdal gewag vir hul Wes-Bolandse Top 8-krieketwedstryd.
Die tuisspan se hoofwoordvoerder, Ricardo Coraizen, het bevestig dat die Citrusdallers geen woord van hulle laat hoor het nie.
Hy het gesê hulle het hieroor by die Bolandse krieketraad ’n klagte gelê.
Die Paternoster elftal se volgende wedstryd is Saterdag, 18 Februarie tuis teen Moorreesburg-krieketklub.