HOPEFIELD Die Hopefieldspan het Saterdag op hul tuisveld in hul derde Wes-Bolandse Eerste Divisie Top 8-krieketwedstryd teen die span van Riebeeck Warriors uitgedraf.
Die tuisspan het eerste gekolf. Bartlett Barnard het sy terugkeer met ’n spoggerige beurt van 63 (2x6,11x4) gevier. Sy spanmaats, WH Sevenster met 60 (4x6, 3x4), Jody Mentoor met 37 (6x4), Leon Henning met 26 (2x6, 2x4) en Henry Ellis met 25 (5x4) het die telbord aan die gang gehou. Na die verpligte boulbeurte is 280/9 op die telbord aangeteken.
Riebeeck Warriors het 269/9 aangeteken, 12lopies kort van ’n oorwinning.
Die top boulers van die tuisspan was Henry Ellis 4/40 en André Bosman 2/36.