DIAZVILLE Die Saldanha-atletiekklub het nuwe sweetpakke van die departement sport en kultuursake ontvang.
Die sweetpakke is Donderdag aan 16lede by die Diazville-sportterrein oorhandig.
Die atletiekklub het altesaam 47lede.
Die klub bestaan sedert 1992 en beoog om volgende jaar hul 21ste bestaansjaar met ’n bang te vier.
Volgens die voorsitter van die klub, Willie Nel, is die jongste lid nege jaar oud en spog die klub ook met veterane. “Die oudste lid wat deel is van die klub is 56jaar oud.”
Volgens Heinrich Blom, streekskoördineerder van die departement sport en kultuursake, is die klub op die departement se ontwikkelingsprogram en die oorhandiging van die sweetpakke was deel van die projek.
Blom is self ’n lid van die atletiekklub.