VREDENBURG Die Weskus-skopboksvereniging het Saterdag, 12 Februarie hul semi- en ligte kontak amateur-skopbokstoernooi in die Weskus Mall gehou.
Dié jong skopboksers het vinnig die vakansieroes afgeskud om mekaar die stryd aan te sê.
“Die dag was ’n reuse-sukses. Die deelnemers het ’n aksievolle en aanskoulike skopbokstoernooi aan ouers en toeskouers gelewer,” het Josh Cloete, voorsitter van dié skopsboksvereniging gesê.
Volgens Cloete het die nuwe beamptes die korrekte besluite en puntetoekenings gemaak. Daar was geen klagtes of navrae na die gevegte nie.
Die volgende toernooi vind plaas op Saterdag, 25 Februarie by Diazville Sekondêr in Saldanha. Dié toernooi beloof meer aksie en sal volkontak skopboks insluit.