Home / Velddrif hou Cuppa for Cansa
VELDDRIF – Altesaam 144 mense het verlede Saterdag Velddrif se heel eerste Cuppa for Cansa bygewoon.

 

Michelle Stenri, Kansa-koördineerder, is in die wolke met die opkoms en sê hierdie fondsinsameling het hul stoutste verwagtinge oortref.

Die openingsgebed was deur Elizabeth Jonker, 13, van Vredenburg waargeneem. Sy is al die afgelope sewe jaar gesond nadat sy in 2003 met nierkanker gediagnoseer is.

Linda van der Nest van Saldahna leef reeds sedert 2006 met kanker.

Sy is nou met graad 4 kanker gediagnoseer en gaan binnekort ’n rugoperasie ondergaan om haar lyding ligter te maak. Haar boodskap van bemoediging en positiwiteit het die gehoor geïnspireer.

Dr Vic Hamilton-Atwell, geleentheidspreker vir Kansa, het vertel wat in die natuur gebeur en hoe die mens besoedeling kan keer.

“Huisvullis word nie weggegooi nie maar slegs verplaas.

“Hope gemors beland in die see waar dit tot klein molekules afgebreek en deur die seelewe ingeneem word. Ons eet dan hierdie seekos en dit is die begin van allerlei siektes, veral kanker, het hy gesê.

Hy het by die gehoor gepleit om nie plastieksakke te koop nie, maar herwinbare sakke te gebruik. Hy het verduidelik dat oka-waterpype met vrugtetabak erger is as sigarette en herpies en MIG/vigs bevorder.

In waarskuwing sê Hamilton-Atwell dat mense na die nommer in die driehoekie op plastiekhouers moet let, daardie nommer moet laer as 7 wees.

Moet nooit kos of water in plastiek warm maak nie en moenie uit polistireenhouers warm drankies drink nie. Die hitte verander polistireen in bensien.

Die boodskap van elke spreker is dus: Leef groener en drink rooibostee aangesien dit die beste anti-oksidant is.
  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 8° - 15° icon
PTA 5° - 21° icon
JHB 3° - 18° icon
BLOEM -2° - 15° icon
DBN 16° - 21° icon
PE 7° - 17° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs