Home / NOS-loodskomitee kry groen lig

DIE Wes-Kaapse kabinet het sy steun aan die loodskomitee vir die beoogde nywerheidsontwikkelingsone (NOS) in Saldanhabaai verleen om by die nasionale departement van handel en nywerheid aansoek te doen om ’n bedryfspermit.

 

Verteenwoordigers van die departement, die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme, die provinsiale tesourie, die provinsiale de­partement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Wesgro en die Saldanhabaai-munisipaliteit dien in die loodskomitee.

Daar sal nou voortgegaan word om die Saldanhabaai-NOS-lisensiëringsmaatskappy te stig waarkragtens om die NOS-permit aansoek gedoen sal word. Die lewensvatbaarheidstudie vir die NOS het op drie bedryfsgebiede met groot potensiaal gefokus, naamlik hernieubare energie, olie- en gas asook staal en minerale. Die studie het bevind so ’n NOS sal ná 25 jaar ’n minimum opbrengs van R11,2 miljard vir Saldanhabaai genereer en sowat 12 000 volhoubare werkgeleenthede skep. (Bron: Die Burger.)

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 8° - 15° icon
PTA 5° - 21° icon
JHB 3° - 18° icon
BLOEM -2° - 15° icon
DBN 16° - 21° icon
PE 7° - 17° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs