PIKETBERG – ’n Passasier op ’n passasiersbus van Inter Cape is tydens ’n padblokade in hegtenis geneem ná polisiehonde haar tamaai daggavonds ontbloot het.
Vuyiswa Nomfunga (49) is Vrydag, 3 Februarie in hegtenis geneem nadat polisiehonde “snuif in die neus” gekry het en 15,04kg dagga in haar bagasie ontbloot het.
Nomfunga, oorspronklik van Oos-London, was oppad na die Noord-Kaap. Sy het Maandag, 6 Februarie in die Piketberg-landdroshof verskyn.
Volgens kapt Riaan Wessels van Piketberg-polisie het hulle, saam met ander omliggende stasies, verkeer- en honde-eenhede op die N7 by Piketberg ’n padblokkade gehou.