News / Skeidsregter stop wedstryd na dispuut
SALDANHA – Die span van Japie de Bruyn, uitgeslape afrigter van Hero’s-sokkerklub van White City het Sondagmiddag op die plaaslike sportgronde teen Amabantiniti van St.Helenabaai gespeel.

Die plaaslike span het in die afgelope drie wedstryde ligapunte op ’n skinkbord gekry omdat hul teenstanders nie opgedaag het vir wedstryde nie.

Die besoekende span het in hul vorige ligawedstryde baie goed van hul taak gekwyt, en dit was ’n uitgemaakte saak dat die vonke sommer lekker gaan spat.

Die wedstryd het met mag en mening afgeskop en in die middelveld was die dekverdediging van altwee spanne rotsvas.

Die tuisspan het egter met goeie balverspreiding hul opponente geklop wat gelei het tot groot gebiedsvoordeel. In die 30ste minuut het Lusindiso Bhokwana, kranige verdediger van die tuisspan sy skerpskutter, Andele May met ’n perfekte hoekskop net voor die doelhok van hul opponente gevind wat op sy beurt met ’n kopskoot die doelwagter pens en pootjies geklop het.

Die telling was teen rustyd 1-0 in die guns van Hero’s.

Na ’n welverdiende blaaskans het die manne mekaar behoorlik opgekeil. In die 59ste minuut het Sibusiso Njoloza met ’n vryskop sy span se telling laat aangroei na 2-0.

De Bruyn wou ’n verandering aan die span maak en daar het toe ’n woordewisseling tussen hom en die skeidsregter, Gerald Cleophas ontstaan. Cleophas het daarna twintig minute voor die amptelike tyd die wedstryd eindfluitjie geblaas.
  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 8° - 15° icon
PTA 5° - 21° icon
JHB 3° - 18° icon
BLOEM -2° - 15° icon
DBN 16° - 21° icon
PE 7° - 17° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs