News / Fees van krewe en vermaak

LAMBERTSBAAI – Die kreeffees begin vanjaar vroeër kook van Vrydag tot Sondag, 2 - 4 Maart en besoekers sal vinnig moet spring om te verseker dat hulle kaartjies goeie blyplek bespreek.  Van alle seekos bly die Weskus-kreef koning en dít is waaroor die fees gaan.

Volgens feesorganiseerder, Mariette Breytenbach, beïnvloed rooigety nie die kreef of die Kreeffees nie. “Die kreef is absoluut veilig om te eet, en hoewel die kreefseisoen toe mag wees, het ons voorsiening getref vir oorgenoeg vars kreef vir feesgangers om te geniet teen bekostigbare pryse.” Vanjaar gaan Muisbosskerm die kreefstal behartig met heel, varsgebraaide krewe met ’n keuse van souse saam met ’n gratis glas wyn van een van die borge, Graça, aan feesgangers bo 18. Ander seekosgeregte soos paella met mossels, kalamari, kreef en garnale is natuurlik ook op die spyskaart.  En as jy moeg aan kreef geëet is, is daar meer as genoeg watertand kosstalletjies met vars produkte soos oumagrootjie se broodjies, kalamari, pizza, braaivleis, biltong, roomys, olywe en olyfprodukte. Smouse wees met ditjies en datjies soos juwele, leerskoene, klere en speelgoed stal ook hul ware uit.

Kinders kan uitsien na aktiwiteite soos gesigverf, poppekas, springkasteel, inkleurkompetisies, ballonvou, skattejag en vele meer.  Van Suid-Afrika se top kunstenaars soos Ray Dylan, Nicholis Louw, Valiant Swart, Saarki, en Ricus Nel gaan optree.  Die Mej Kreeffees-skoonheidskompetisie begin om 10:00. Kontak vir Anel by 027 432 1000 vir meer inligting.  Toegang vir volwassenes: Vrydag R80; Saterdag R130; Sondag R50. Kinders (6-16 jaar): Vrydag R50; Saterdag R50; Sondag R30. Gratis vir kinders onder 6 (slegs met ouer toesig). Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Skakel Mariette Breytenbach by die Lambertsbaai Toerismekantoor by 027 432 0026, of besoek www.kreeffees.com.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 8° - 15° icon
PTA 5° - 21° icon
JHB 3° - 18° icon
BLOEM -2° - 15° icon
DBN 16° - 21° icon
PE 7° - 17° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs