Home / Skryf span in vir kankerstap

DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se fondsinsamelingsinisiatief, Relay For Life-projek, wil Weskussers se voete aan die beweeg kry ten bate van kankernavorsing.

Relay For Life is ’n deurnagspanbyeenkoms wat Saterdag 3, Maart by Vredenburg-sportterrein gehou word.

Skryf vandag nog jou span in en help Kansa in hul poging om bewusmaking van kanker na vore bring en fondse te genereer om kanker te bestry. Elke span, wat onder meer bestaan uit tien tot vyftien mense, samel op hul eie vooraf fondse in asook op die aand van die deurnagstap.

Die volgende spankapteinvergaderings vind op 6 en 27 Februarie om 19:00 by Laerskool Vredenburg plaas.

Belangstellendes het nog tyd tot einde Februarie om hul Relay-span in te skryf. Inskrywing is R500 per span. Vir meer inligting bel Anthony Muller by 084 251 1851 of Johanna Stoffels by 082 553 9809.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 8° - 15° icon
PTA 5° - 21° icon
JHB 3° - 18° icon
BLOEM -2° - 15° icon
DBN 16° - 21° icon
PE 7° - 17° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs