PORTERVILLE is besig om sy vere reg te skud vir die sewende agtereenvolgende Christusfees wat vanjaar van 9 tot 11 Maart gehou word.
Volgens Pierre Hollander, feeskoördineerder, beloof dit weer om ’n gemeenskapsfees met top gehalte musiek en talle stalletjies te wees.
Dié feestelikheid skop die Vrydag af met ’n gratis vertoning deur Oom Karolus en Lente by Willemsvallei Primêr. Saterdagoggend kan jy ontbyt geniet saam met Jannie de Beer en Sondag sluit Jean Marais die fees af..
Feesgangers kan uitsien na ’n uithalerprogram met kunstenaars soos Elvis Blue, Heinz Winckler, Piet Smit, Neil Büchner, Riana Nel en vele ander.
Toegang vir volwassenes: Vrydag R50; Saterdag R100; Sondag gratis; Naweekpakket R120. Kinders (leerders): Vrydag R30; Saterdag R60; Sondag gratis; Naweekpakket R70. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Kontak Willie Opperman by 083 650 1640.