KAASLIEFHEBBERS wat gedurig op die uitkyk is vir die nuutste neigings oor kaas moet beslis by die SA Kaasfees ’n draai maak.
Dié gewilde fees skop Maandag, 27 tot Woensdag, 30 April af by Sandringham, geleë langs die N1, halfpad tussen Kaapstad en Paarl.
Hier kan kaasliefhebbers smul aan handgemaakte kase, suiwel- en ’n verskeidenheid van ander produkte.
Die feesorganiseerders belowe hope vermaak vir die jongspan by die Wilde Vrugtesap-kinderhoekie en die Santam Landbou-melkfabriek waar die kleingoed oor koeie kan melk en lees kaas maak.
Bekende sjefs en glanspersoonlikhede gaan hul gesogde kookgeheime dee, terwyl op-en-wakker sessies met kosbloggers en kaasmakers in die DStv-kosteater besoekers genoeg skietgoed sal bied vir elkeen se kookavontuur.
Kaartjies kan by Computicket gekoop word vir R110, kinders o.13 is gratis en senior burgers betaal R90. Geen kaartjies by die hekke.
Die hekke is daagliks oop tussen 10:00 en 18:00 en die laaste dag tot 17:00. Vir meer inligting bel Agri-Expo by 021 975 4440 of cheese@agriexpo.co.za of besoek www.cheesefestival.co.za