Curro Langebaan Private Skool is ‘n jong, bekostigbare, parallelmedium-privaatskool wat aan leerders van oor die hele Weskus die geleentheid bied om in ‘n privaatskoolomgewing, in hul moedertaal en in ‘n klas van slegs 20 leerders onderrig te word. Op 17 Januarie 2007 het die Weskusjuweel met 168 leerders van graad 1 tot 8 begin en kan tans met 580 pragtige leerders vanaf graad 1 tot graad 11 spog. Ons is dankbaar en trots om te kan sê dat Curro Langebaan oor goed gekwalifiseerde, talentvolle en entoesiastiese opvoeders beskik en as jong skool reeds oor baie goeie en al die nodige akademiese, sport- en kulturele fasiliteite beskik.
Ons uiters bekwame opvoeders woon gereeld indiensopleidingskursusse by en is ten volle vertroud met die Nasionale Kurrikulum. Die nuutste onderwystegnieke word deur alle opvoeders in die klaskamer toegepas en 'n hoë akademiese standaard word gehandhaaf. Ons maak ook van Kurrikulumkundiges gebruik om die funksionering van 'n breë, toekomsgerigte, inligtingsgedrewe kurrikulum, wat vir alle leerders toeganklik is, te verseker.
By Curro Langebaan Private Skool word daarna gestreef om die totale kind ten volle te ontwikkel. Daarom word daar 'n groot verskeidenheid aktiwiteite aangebied waarmee elke leerder akademies, geestelik en fisies gestimuleer en verryk word. Alhoewel ons ten alle tye streef na uitnemendheid binne ons uitstekende opvoedkundige program word elke leerder se vermoëns en talente in ag geneem en word hy ook daarvolgens geprys en aangemoedig.
Met 'n personeel wat alles in hulle vermoë doen om te verseker dat u kind gelukkig is en volgens sy/haar vermoë ontwikkel, bied Curro Langebaan Private Skool dus aan u seun/dogter die geleentheid om gebalanseerd te ontwikkel sodat hy/sy met vertroue sy/haar loopbaan kan aanpak en baie goed toegerus sal wees om later sy/haar studies in enige tersiêre inrigting of enige universiteit of kollege voort te sit.
Sleutelwaardes wat nagestreef word, is: Gehoorsaamheid aan die skoolreëls, integriteit, selfdissipline, omgee vir mekaar, mededeelsaamheid, diensbaarheid aan Christus, 'n ontvanklike gees ten opsigte van sy/haar opvoeder en lojaliteit teenoor sy/haar skool.
Indien u graag meer wil weet of deel wil raak van hierdie dinamiese ontwikkeling aan die Weskus, is u welkom om ‘n afspraak te maak sodat ek u persoonlik kan ontmoet.